Pray for Cherlize Lerm

Email received by Cherlize’s mom. Please everyone this little girl needs our prayers

 

Hallo almal

Ek het nooit gedink ek sou ooit in my lewe so e-mail uitstuur nie.  Gewoonlik kry mens so e-mail van ander mense wat vra vir gebed.

Soos julle weet is Cherlize 8 maande gelede gediagnoseer met Ewing Sarcoma Kanker in haar linker onderbeen.  Die tipe kanker is een van die mees aggresiewe kankers wat ‘n mens kan kry.  Sy het chemo ontvang, en toe die nuus haar linker beentjie moet geamputeer word.  Daar was ook kolletjies op die longe wat verwyder is.  Sy is begin van die jaar Kaap toe vir verdere intensiewe chemoterapie behandeling wat so erg is wat haar beenmurg so aftakel sodat sy geen immuniteit sal hê nie.  Haar beenmurg is ontrek en na die chemo behandeling weer terug gesit.  Gedurende die tyd het ons nie goeie nuus ontvang nie, maar wou vir niemand sê omrede ons bang was Cherlize kom daarvan te hore en ons wou haar positief hou.  Ons het bly hoop en geglo als gaan beter.

Terug in Bloemfontein was Cherlize maar baie stil en haar gemoed was maar baie laag.  Sy sou vir haar opvolg ondersoek hierdie week gegaan het.  Maar gedurende verlede lang naweek wat verby is, het haar rug seer geword.  Ons het die dokter gebel en ‘n scan is vroeer gedoen.

Wel, sommige het alreeds gehoor, maar die kanker het groter geword in haar longe en medies gewys kan hul niks meer doen vir haar nie.     Ek vra asb vir ieder en elk om ‘n gebeds veldbrand aan te steek, want net ‘n wonderwerk van die Here kan haar genees.  As ons almal saam op ons kniee gaan en vir God vra om Cherlize te genees, kan dit gebeur as dit Sy wil is.  God het al hoeveel kere bewys dat wonderwerke wel gebeur. 

Vir ons as ouers, Pool (boetie) is dit maar baie swaar MAAR ons gaan almal positief bly.  Negatiwiteit bestaan nie in ons woordeskat nie.  As mens negatief bly, gebeur net negatiewe goed.  As almal positief is, gebeur positiewe goed met almal.  Dit is nooit nooit te laat om te glo nie.  Dit is alles in die Here se hande.

Weereens baie dankie vir alles wat julle vir ons Lerm’s beteken.  Sonder julle ondersteuning, vriendskap, liefde, gebede en geloof sou ons maar swaar getrek het.

 

Al ons liefde

Die Lerm’s

 

This entry was posted in Joppie's Story. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

* Copy This Password *

* Type Or Paste Password Here *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>