Short back and sides

Brian starts on Joppie's beard and moustache


Joppie has shaved his head at the start of his journey as a token of solidarity with cancer sufferers undergoing therapy that causes hair loss. He has also promised not to cut his hair or beard while on this crusade and we will be following the progress of his regrowth.


Going...


...going....


...(a mohawk) going....


....gone!


And a quick tidy up.

This entry was posted in Joppie's Hair. Bookmark the permalink.

7 Responses to Short back and sides

  1. Hannes Barnard says:

    Joppie
    Ons is met jou allie pad.
    Jy het baie hartsnare geroer en sal sal nog BAIE meer roer.
    There but for the grace of God go I.

  2. Hannes Barnard says:

    Joppie
    Ek het die volgende boodskap aan oudtshoornonline kuberkoerant gestuur
    “OO,
    Dankie dat jy ons op hierdie wyse terugbring tot waardering vir die esoteriese.Waardering vir alles wat ons pragtige dorp,streek en land is.
    Gun my die volgende bydrae op heel ‘n ander noot.
    Ek het Vrydagaand en Saterdag oggend die voorreg gehad om die afskop van Joppie Fourie se ten million steps for cancer te ervaar.
    Met die skryf hiervan is Joppie reeds in George, sy eerste betemming van ‘n staptog van 5,000km met ‘n hospitaalbed deur ons land as deel van ‘n kanker bewusmakingsveldtog en ter herdenking van sy dogter wat verlede jaar aan ‘n seldsame kanker oorlede is.
    Joppie se moed en durf is werklik aangrypend. Ewe aangrypend is die wyse waarop hy al reeds soveel mense saamgesnoer het. Waarnemende burgemeester Barry Linden het ‘n besielende en opregte boodskap namens die hele Oudtshoorn aan Jopie oorgedra. Dit het my laat besef dat ons in die verbete politieke stryd wat die afgelope tyd hier heers ,die goeie in ons medemens misgekyk het. Oor die grense van politiek ras en kleur is dit werklik aangrypend om die ware menswees en omgee gees te ervaar. Die simboliek van ‘n vroulike verkeersbeamte wat die gerief van die begeleidende verkeersvoertuig opgegee het en vooruit gestap het, het hopelik nie ongesiens verbygegaan nie. Soveel te meer het dit my getref toe ek verneem het dat sy kanker oorwin het. Om die kroon te span het Joppie se storie, TV2 en Tv3 se aandnuus gehaal. Dit was so lekker om Oudtshoorn te sien die nuus haal vir ‘n goeie rede.
    Lesers kan gerus “ten million steps for cancer” google en meer leer oor Joppie se epiese tog.”

  3. Erhardt en Eldra Basson says:

    Hi daar neef.
    Net n kort boodskappie om te se ons dink aan jou elke tree, elke dag!! Jy’s een amazing mens wat n ongelooflike daad aangepak het en ons weet dat jy dit voluit gaan doen!
    Waar jy ookal stap, slaap, beweeg, onthou jy is nooit alleen nie, ons weet dat God elke sekond by jou is.
    Lekker stap, sien jou een van die dae in PE.
    Tonne liefde
    xxx

  4. Tor Lombard says:

    Voorspoed Joppie,sien jou in die Kaap,hou daardie kop maar gesmeer met sunblock,Marlene sou baie trots op jou gewees het.
    Groete Tor

  5. Joppie,
    Voorspoed met elke tree op jou roete. Ons is besig met soortgelyke projek, waar atlete gaan hardloop vanaf Velddrif tot Hermanus(28 Sep – 7 Okt 2011) vir Zach Bennett, ‘n 12 jarige seun van Hermanus wat breinkanker het. As ek so kyk na jou beplanning gaan ons jou nie raakloop oppad nie, maar hoop ons paaie kruis eendag.
    Mag God se genade met jou wees en alle voorspoed.
    Die Zach Bennett Run of Hope span.
    http://www.runofhope.co.za

  6. WYNAND BENADIE says:

    Hi Jop
    Bly OM TE SIEN DIT GAAN GOED SOVER.ONS WAG VIR JOU HIER IN DIE NOORDE.

    VOORSPOED
    WYNAND

  7. Ailene says:

    Ek hoor oom het by my pa hulle oornag in Kei Road gistraand. Alle voorspoed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

* Copy This Password *

* Type Or Paste Password Here *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>